best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

McGregor Village on the Spot..

Click to contact us

McGregor-Western-Cape

McGregor weather report

Things to do

Something to read about McGregor

mcgregor 2

 

 

Tydlose McGregor is saligheid self

Geskryf deur-Werner van Tonder

WANNEER die daaglikse gejaag teen die horlosie 'n mens begin inhaal en jy die tyd vir 'n wyle wil laat stilstaan of selfs effens terugdraai, is daar nét die regte plek dáárvoor: die ouwêreldse dorpie McGregor in die Breëriviervallei.

Met sy outydse straatlampe wat waghou oor ongeteerde strate, spierwit Karoo rietdakhuisies met groen luike, kinders wat kaalvoet in die strate speel en die dorpstantes wat jou oral groet, is dit die perfekte plek vir rus.

McGregor is maar 'n paar kilometer buite Robertson en is maklik bereikbaar met 'n goeie teerpad.

Dié dorp was eens bekend as Lady Grey, maar is destyds hernoem om verwarring met Lady Grey in die Oos-Kaap te voorkom.

Die argitektuur op die dorp is hoofsaaklik Kaaps-Hollands en het deur die jare min verander. Die inwoners hou met trots wag oor die bewaring van die dorp se unieke karakter.

'n Bekende historikus het die dorp al beskryf as ``maklik die besbewaarde en mees volledige voorbeeld van middel negentiende eeuse dorpe in die Kaap''.

Die atmosfeer van vrede, vriendelikheid en rustigheid maak McGregor 'n gewilde toeristebestemming en naweek-oord. Daar was 'n tyd toe die dorp bekend was vir die lang bamboesstokke wat daar gekweek is om te dien as sweepstokke vir die drywers van ossewaens die land vol.

Die pad na Bonnievale via Steenbokvlakte strek deur 'n aanskoulike plaasgebied. Die pad oor die Stryk hoogte Pas sluit by die Vrolijkheid Natuurreservaat aan by die hoofroete tussen Robertson en McGregor en is 'n uitstekende plek om 'n paar uur te verwyl en na die talle voëls te kyk.

As alternatief tot dié pragroete, kan mens met Voortrekker Weg deur die dorp ry, wat jou teen die hange van die Riviersonderendberge uitneem. Dit bring die besoeker later by Boesmanskloof, wat bekend is vir sy veldblomme.

 Dié pad is bekend as ``die pad na nêrens'' wat onverwags eindig by 'n plek met die naam Die Galg. Aanvanklik is beplan om dié pad te verleng na Greyton aan die ander kant van die berg, 'n plan wat nooit verwerklik is nie. Wat wel daarvan gekom het, is een van die mees natuurskone staproetes in die ganse Suid- Afrika. Dit strek oor die berg na Greyton.

Die bekoorlike dorpie McGregor is al beskryf as “die bes bewaarde en mees volledige voorbeeld van middel-negentiende eeuse argitektuur in die Kaapprovinsie”. Die gematigde klimaat maak dit een van die wonderlikste plekke om tydens die suidelike halfrond se “koue” maande te besoek.

Dít is McGregor met sy tradisionele witgepleisterde huisies met hul grasdakke, sy stil strate, berge, voëllewe en wyn. Hierdie dorpie lê aan die voet van die Riviersonderendberge, 20?km vanaf Robertson op ’n netjiese teerpad. ’n Grondpad verbind die dorpie met die N2 oor die Stormsvleipas, maar die teer loop dood ’n entjie buite die dorp in die rigting van die beroemde McGregor na Greyton-wandelpad oor die Boesmanskloofpas. Dit is hierdie wesenlike gevoel van afgeslotenheid wat meegehelp het om ’n gedeelte van die mees aanskoulike 19de eeuse argitektuur in die Wes-Kaap behoue te laat bly.

Die dorpie is amptelik eers in 1862 geproklameer en in plotte van twee en ’n half hektaar elk verdeel. Teen 1905 is al die grond deur 19 kleinboere en boere opgekoop.

Toe die plotte opgeveil is, het ’n advertensieplakkaat blykbaar daarop aanspraak gemaak dat die hoofpad na Kaapstad vanuit die noorde waarskynlik deur die dorp sal loop. Dit het nooit gerealiseer nie, maar so ook nie die beplande pad oor die berge deur die Boesmanskloofpas na Greyton nie. As gevolg daarvan het die dorpie sy gasvryheid en rustige atmosfeer behou, met grasdakhuisies, wingerde, appelkoosbome en olyfboorde wat tot die besonderse skoonheid bydra.

 
Links

CLICK ON OUR LINKS

BELOW FOR MORE INFO

images

   flickr

weather chart

weer

 download 1

 twitter

   Linkedin 

download     

 

 

 

Tell your Friends!